Afrikaanse Rekenaar?

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Ek is Afrikaans magtig, sal graag ook my Rekenaar wou in Afrikaans mett my terug komminkeur. Dit is my moeder taal.

Nie dat ek nie Engels ook magtig is nie. Maar dit sou meer verstaanbaar in Afrikaans gewees het.

-- Hantie Fourie (hantief@mweb.co.za), July 11, 1999

Answers

Hello Hantie

Ek stem heeltemal saam met jou. As daar genoeg Afrikaanse gebruikers was wat die vry bedryfstelsel Linux gebruik het, sou ons na willekeur programme in Afrikaans kon vertaal. Die enigste ander opsie is om 'n hele paar miljoen rand aan Microsoft of aan lokale programontwikkeling te skenk. Afrikaanse programme sal egter nog nie die bedryfstelsel laat Afrikaans praat nie.

Groete,

-- jean

-- Jean Jordaan (rgo_anas@rgo.sun.ac.za), July 11, 1999.


Hallo Hantie

Om die bedryf stelsel in Afrikaans te laat kommunikeer sou lekker wees maar as 'n mens in ag neem dat die bedryfstelsel eintlik net uit 'n beperkte aantal woorde bestaan is dit beswaarlik lonend om dit om te skakel na Afrikaans. Sou dit nie vir jou lekkerder gewees het as die Internet self tot 'n baie groter mate Afrikaans sou gebruik nie. Die gebruik van Afrikaans op die Internet kan alleen toeneem as daar nuttige inligting in Afrikaans beskikbaar is. Ons doen dalk te min om ons taal te verkoop of wat praat ek alles???

-- Bazett Meyer (baz@mbury.new.co.za), July 14, 1999.


Haai almal,

Is daar iemand wat weet hoe om die kappies en deeltekens op die e's in Afrikaans op 'n Windows PC te tik? Ek gebruik die "US" sleutelbord omdat ek in Australia werk en ons die $ teken hier gebruik. My arme spel toets vrek heeltemaal as ek ooit in Afrikaans epos aan vriende en familie tik. Is daar iemand wat 'n Afrikaanse spel wordeboek het vir MS Word of Outlook?

Beste. Carl

-- Carl van Wyk (carlvanwyk@hotmail.com), July 15, 1999.


Die kappies en deeltekens is gelukkig nie so moeilik nie: Coenie van Niekerk het 'n oplossing.

-- Jean Jordaan (rgo_anas@rgo.sun.ac.za), July 15, 1999.

Hallo Jean, Jou webwerf is eersteklas maar ek sal dit tog waardeer as jy weer kyk na die posisie waar jy jou skakel na die besprekingforum geplaas het. Vir my maak dit natuurlik nie meer saak nie want ek weet nou waar om dit te kry maar nuwelinge sien dit moeilik raak. Ek het self die eerste keer gesukkel om hier in te kom.

Groete.

-- Bazett Meyer (baz@mbury.new.co.za), July 19, 1999.



Hallo Jean,

Was baie verbaas om jou E-pos antwoord gisteraand te kry minute nadat ek die vraag gestel het! Die skakel na die besprekingforum is nou eersteklas.

Ek hoop nie jy gee om as ek n ander manier vir diakritiese tekens in jou webwerf toets nie. Kom ons probeer of die metode op "mailto" protokol sal werk.

D K O V \ d k o v | B J N T [ b j n t { a i m s z Groete.

-- Bazett Meyer (baz@mbury.new.co.za), July 20, 1999.


Betr: speltoetsers. Carl, het jy 'n ouderwetse harde- of sagteband Afr woordeboek? Of 'n Eng/Afr woordeboek (ek bedoel "gedruk op papier" vir die wat alewig net aan rekenaars dink). Dan is dit maklik: 1 Tik 'n paar briewe versigtig, met behulp van jou woordeboek. 2 Kliek jou speltoetser in Word, of in Netscape, of in IE. As hy 'n spelfout tekkom (want hy is op Engels ingestel), en jy is seker van die spelling, kliek "Add" of "Learn" (Word en Netscape; IE het iets soortgelyks). 3 Met elke brief wat jy skryf, en speltoets, word jou Afrikaanse-rekenaar-woordeboek groter en groter. Maak net seker met jou ou "papier woordeboek" dat jy korrek tik, voordat jy speltoets.

Jy kan hom selfs Latyn leer!!

-- Johan van Es (johan@eisa.net.au), April 23, 2000.


Van KDE in Linux is een Afrikaanse vertaling beskikbaar. Ek nie weet nie hoe goed die is, maar jy kan het probeer.

Oor die kappies: als jy een Vs-International-plank installeer, kan jy kappies typ met ^a vir â... en "a vir ä. Jy kan natuurlik ook een Nederlandse plank installeer...

En nie seg nie ek kan geen Afrikaans - ek kom uit Nederland.

-- daan (dgoedkoop@gmx.net), December 02, 2002.


Moderation questions? read the FAQ