E-pos terminologie

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Geluk met hierdie puik webwerf,dit is my eerste besoek en ek was vreeslik verlig toe ek op julle FAQ afkom.

Ek wil graag 'n artikel omtrent e-pos doen, in 'n afrikaanse studentekoerantjie, maar kan geen geloofwaardige afrikaanse ekwivalente vind vir e-pos terminologie nie.

Dit is vreeslik fristrerend. Kan iemand my help of dalk na iemand verwys wat iets hiervan weet.

Dankie A3

-- A3 Pretorius (9728986@ml.petech.ac.za), July 26, 1999

Answers

Hallo A3!

Jammer dat ek nou eers jou bydrag gelees het. Ek het eers vanaand op die Webblad afgekom.

Indien jy nog nie teen hierdie tyd hulp kon kry nie, laat gerus weet, ek sal graag help. Ek het hier uitstekende e-pos terminologie, wel in Duits, maar dis nie 'n probleem om dit in Afrikaans te stuur nie!

Groete Linda Felkel

-- Linda Felkel (profilesbiz@t-online.de), May 12, 2000.


Moderation questions? read the FAQ