Taaklys vir Persona

greenspun.com : LUSENET : upFront : One Thread

1.Fasiliteit om Gebruiker Transaksies voor die berekening van die betaalperiode in te voer. (15/09)
2.Argief fasiliteit: Die fasiliteit gaan alle ou data na 'n argief databasis skuif sodat die aktiewe databasis so klein en vinnig moontlik kan bly. (15/09)
3.Backup funksie: My gevoel is steeds dat programdata deel moet uitmaak van 'n behoorlike backup-stelsel waar alle data na 'n eksterne media gebackup word. Die funksie voeg ek dus by om op behoefte te antwoord. (22/09)
4.Herberekening van betaalstrokies: die funksie wil ek verfyn sodat 'n individuele betaalstrokie herebereken kan word indien die gebruiker nagelaat het om 'n werknemer in 'n arbeidsessie in te sluit of dalk ure verkeerd uitgeboek het. (22/09)
5.'n Verslag van werknemer se leningsgeskiedenis. (15/09)
6.'n Siekverlof en Verlofverslag (15/09)
7.'n Verslag van 'n werknemer se mediese geskiedenis. (15/09)
8.Alles-op-een-slag-verslag van 'n werknemer. (15/09)
8.Meervoudige skrap in die Palmpilot kontrole afdeling.Alles op een slag van Werknemer (22/09)
9.Opsie op te kies op id-naam of vertoonnaam gewys moet word op werknemerverslae en meer sorteringsopsies. (22/09)
10.'n Verslag wat die koste-allokasie vir elke onderneming kan aandui op grond van die werknemer se plasing binne in die onderneming struktuur en nie op grond van aktiwiteite wat binne 'n spesifieke onderneming plaasgevind het nie. (22/09)

Maak gerus die lys langer, of sj wat moet prioriteit geniet.

rochi

-- Rochi Compaan (roche@up-front.co.za), September 13, 1999


Moderation questions? read the FAQ