Soek vir Afrikaanse Rekenaarterm

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Soek vir Afrikaanse Rekenaarterme

http://www.ntaba.co.za/~schalkc/aftermsoek.shtml

Hierdie vorm is 'n koppelvlak met die drie belangrikste bronne vir Afrikaanse rekenaarterme. Wanneer 'n term in die vorm ingetik word en Begin Soektog gekliek is, sal daar drie vensters oopmaak. Die eerste is Foldoc, die tweede Stigting vir Afrikaans en die terme die rekenaarterme besprekingsgroep.

Indien 'n term in Foldoc gevind is, moet dit as die amptelike vorm aanvaar word. Terme wat op 'n Stigting vir Afrikaans se webblad gelys word, kan aanvaar word, indien daar nie 'n term in Foldoc is nie. Mettertyd behoort al die terme wel in Foldoc opgeneem te word.

Rekenaarterme se resultate kan gebruik word indien nie een van die ander twee resultate oplewer nie. Let asb. daarop dat hierdie terme baie keer nog nie amptelik aanvaar is nie, en nog onder bespreking is.

Die soekskrip is deur Schalk W. Cronji

-- Jean Jordaan (jean.jordaan@i.am), March 21, 2000


Moderation questions? read the FAQ