Skrywerswerkswinkels

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

DEPARTEMENT AFRIKAANS EN NEDERLANDS

SKRYWERSWERKSWINKELS

Draaiboekskrywing

12 tot 13 Mei 2000

Die werkswinkel oor draaiboekskrywing vind op Vrydag 12 en Saterdag 13 Mei plaas en word deur die Letterkundedienssentrum van die Dept. Afr. & Ndl. aangebied. Die kursus beslaan dus twee dae (Vrydag van 16:00 tot ongeveer 21:00 en dan weer Saterdag vanaf 09:00 tot 17:00). Dit is geskeduleer om op 'n naweek te val sodat deelnemers met vaste werksure ook geakkommodeer kan word. Leon van Nierop, bekende draaiboekskrywer en rolprentresensent, is die aanbieder.

Die werkswinkel oor draaiboekskrywing wyk af van die gewone werkswinkelformaat in die sin dat daar geen bespreking van deelnemers se eie manuskripte gaan wees nie en meer mense toegelaat kan word. Geen draaiboeke moet dus ingelewer word om vir deelname te kwalifiseer nie. Die werkswinkel sentreer rondom 'n lesing getiteld *The Tools of Scriptwriting,* wat sterk steun op beeldmateriaal wat daarmee geontegreer word. Die aanbieding sal hoofsaaklik in Engels geskied, maar Afrikaanssprekendes is uiteraard welkom. Belangstelling in hierdie werkswinkel is groot en u word aangeraai om spoedig in te skryf ten einde 'n plek te reserveer. Die aanbieder

Leon van Nierop is 'n veelsydige skrywer wat verskeie genres beheers. Hy is die outeur van 11 romans, 'n kabaret, 'n handleiding oor filmanalise, verskeie radiodramas en ongeveer 9 000 episodes van daaglikse radiovervolgverhale, waaronder *Wolwedans in die skemer*, *Herberg vir 'n vlugteling*, *Die Huis in Hertestraat* en die treffervervolgverhaal *Stralejakkers.* Vir die SABC lewer hy die draaiboeke van 'n aantal gewilde televisiereekse. Sy repertoire sluit in *Ballade vir 'n enkeling I en II, Wolwedans in die skemer, Huisjakker, Moord op die lug* en 'n versameling verwerkings vir televisie, naamlik *Het van Verlangekraal*, *Die hartseerwals*, *Laat vrugte*, *Die sondaar* en *Uitdraai*.

Van Nierop is die eerste skrywer wat by die Suid-Afrikaanse sepie *Egoli* betrek is en hy skryf gedurende die aanvangsjare tekste vir dii reeks. Hy word ook die hoofskrywer van SABC 2 se sepie *Glaskasteel*. Benewens die skryf van draaiboeke, hou Leon van Nierop hom besig met vryskutjoernalistiek, die skryf van rolprentresensies, doseerwerk en lesingtoere. Hy is ook een van die draaiboekbeoordelaars van die M-Net kortrolprent-kompetisie en het op sy kerfstok 'n kursus oor rolprentontleding wat hy vir 25 resensente van regoor Afrika aangebied het. Van Nierop ontvang in 1999 die Twilight Life Time Achievement Award van 'n reklame-agentskap vir sy bydrae as resensent tot die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf gedurende die afgelope 25 jaar. Inskrywingsprosedure

7 Almal is welkom om in te skryf: sowel studente as lede van die publiek; sowel aspirant-draaiboekskrywers as mense wat sommer net in films belangstel.

7 Geen draaiboek-manuskrip moet ingelewer word om vir toelating tot die werkswinkel te kwalifiseer nie.

7 Vul die inskrywingsvorm in (keersy).

7 Besorg dit so spoedig moontlik saam met u inskrywingsfooi aan:

Me Lizette Grobler Letterkundedienssentrum Dept. Afrikaans en Nederlands Privaatsak X1 7602 Matieland

7 Tjeks moet uitgemaak word aan: US Skrywerswerkswinkels

7 Navrae:

Me Lizette Grobler Telefoon: (021) 8083573 of: (021) 8082158 Faks: (021) 8083815 E-pos: afrsu@maties.sun.ac.za of: letdiens@akad.sun.ac.za

Vir opvolgleeswerk word Leon van Nierop se boek *Seeing Sense on Film Analysis* sterk aanbeveel.

Hartlik welkom by hierdie werkswinkel namens die Reklingskomitee:

Me Ronel Foster (Hooforganiseerder) Prof Louise Viljoen (Sameroeper: Letterkunde-dienssentrum) Me Lizette Grobler (Assistent) Inskrywingsvorm

Van en naam: ____________ __________________

Adres: _______________ __________________ __________________ __________________

Telefoon - werk: _....______...__

Telefoon - huis: __._________

Selfoon: ____________.__

E-pos: ____________._.._

Faks: _______________.

Tjek of kontant ingesluit? _______.

__________________

Die inskrywingsfooi van R250 vir die publiek en R150 vir studente sluit aantekeninge in (in Engels), sowel as tee/koffie en ligte verversings Vrydagaand (deelnemers tref self reklings vir hul etes Saterdagmiddag en -aand).

Vir akkommodasie kan die Toerismekantoor gekontak word - tel. (021) 8839633 of faks (021) 8838017 (e-pos: eikestad@iafrica.com). Ander werkswinkels in 2000

Jeuglektuur George Weideman en Susan Kotzi Vrydag 4 Augustus vanaf 16:00 tot Saterdag 5 Augustus om 17:00

Poksie Daniel Hugo en Marlene van Niekerk (lesings) en Ronel de Goede (werkswinkels) Vrydag 4 Augustus vanaf 16:00 tot Saterdag 5 Augustus om 17:00

Prosa *Kontreikuns*: Elias Nel *Tydskrifverhale*: Francois Bloemhof Vrydag 11 Augustus vanaf 16:00 tot Saterdag 12 Augustus om 17:00

Radiotekste 'n Werkswinkel oor radiotekste word in die vooruitsig gestel.

Inskrywingsprosedures en tariewe Die inskrywingsprosedures en tariewe van die werkswinkels verskil van mekaar. Raadpleeg asb. die ander brosjures.

Navrae Me Lizette Grobler Telefoon: (021) 8083573 of 8082158 Faks: (021) 8083815 E-pos: letdiens@akad.sun.ac.za of: afrsu@maties.sun.ac.za English brochure Please contact Ms Grobler (particulars above) SKRYWERSWERKSWINKELS

Draaiboekskrywing 12 en 13 Mei 2000

Aangebied deur: Die Letterkundedienssentrum Dept. Afrikaans & Nederlands Universiteit van Stellenbosch

-- Lizette Grobler (LETDIENS@AKAD.SUN.AC.ZA), April 25, 2000


Moderation questions? read the FAQ