Hoekom so min reaksies?

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Hallo aan alle Internet besoekers! Net 'n algemene vraag: hoekom is daar so min reaksies op bydrae? Kyk bv. na www.sarie.com se forum: daar word soveel moeite gedoen om die e-mails te skryf wat glad nie eers beantwoord word nie. Is daar iewers 'n Afrikaanse Webblad met 'n forum waar die mense gereeld op bydrae reageer??? Dit lyk my daar is heelwat mense wat skryf en dan vergeet om te kontrolleer of iemand geantwoord het. Of hulle het dan iets beter om te doen... Vra maar net. ;-) Groete Linda Felkel

-- Linda Felkel (profilesbiz@t-online.de), May 13, 2000

Answers

Linda . Ek dink dat een van die redes dat Afrikaners nie 'n volle bydra lewer nie is dalk dat ons as Afrikaners nie die belangrikheid van eenheid waardeer nie.Baie kan dalk nie die punt sien om idees en eenheid te bevorder nie .

Wat Suid Afrikaners moet besef is dat alhoewel ons weet waartoe ons in staat ons op hierdie stadium net terug sit en niks daadwerklik doen om ons stem dik te maak nie .

As ons net die moed van ons voorvaders gehad het , kan ons met ons kennis van die moderne samelewing ons weereens op die kruin van Suidelike Afrika plaas .

Wie kan nog die ou Landswapen se spreekwoord onthou ?

Op die einde van die dag maak kluer nie saak nie ,maar of jy trots is op jou land .

van London . Ewan

-- Ewan (Ewanvrooyen@cs.com), August 03, 2000.


Hi Linda!

Ek stem saam met wat Ewan gesj het en ek dink hy het die probleem baie goed verwoord. Al wat ek nog kan byvoeg, is dat meeste Afrikaners groot gemaak word met die idee dat 'n mens nie seks, godsdiens of politiek in die openbaar bespreek nie. (Ag, is ons nie 'n hoflike nasie nie!!! lol) En soos jy seker al agtergekom het, is Die Taal (ek verstout my nou!) is uiters politieke kwessie is.

Ek sien wel dat sommige van my taalgenote hulle te heerlik uitspreek by LitNet se forum - miskien moet jy daar ook 'n draai gaan gooi. Maar wees by voorbaat gewaarsku: party van die ouens daar skiet baie hoog en mis meeste van die tyd die teiken, praat eintlik maar net om hul eie hooggeleerde stemme te hoor. Tog is baie van die insette interessant, so gaan kyk gerus!

Ek hoop ek sien nog baie van jou op hierdie forum. Lisa

-- Lisa Rossouw (lisarossouw@webmail.co.za), August 29, 2000.


Wel vir een ding, die meeste Suid-afrikaners bly in 'n land met 'n monopolistiese en heeltemal patetiese telefoon sisteem. Modemspoed is 'n pyn in die gat en as jy eers jou rugby en porno-fieks gekry het, is dit al weer tyd om werk toe te gaan. Nog 'n ding, daar is nie rerig links om gewone werwe soos die burger of koerante ens nie. Dis bleddie moeilik om te kry.

-- Kyoto (kajimuru@hotmail.com), November 02, 2000.

Moderation questions? read the FAQ