Oktober Maand die mooiste mooiste Maand

greenspun.com : LUSENET : Stigting vir Afrikaans : One Thread

Could you Please supply me the words of the poem: Oktober maand, die mooiste mooiste maand,

Thank you,

George Muller California, U.S.A.

-- George Muller (mullerusa@aol.com), October 07, 2001

Answers

Hi George

I believe that this is what you are looking for.

Best RegardsOKTOBERMAAND Henry Hahn

Woorde: C. LOUIS LEIPOLDT Musiek: BERNHARD POMPECKI; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand! Dan is die dag so helder, so groen is elke aand, so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo, so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei; oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei; die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal, het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal; het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen; die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen; en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos, jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier! Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag? Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?

Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei? Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry? Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand, met elke dag so helder, so pragtig elke aand! Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

http://esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas/woorde/068.txt

-- Henry Hahn (henry.hahn@bcx.co.za), November 03, 2004.


Moderation questions? read the FAQ